Missionaliteit is nie ’n program of ’n projek nie — dit is ’n beweging. ’n Leefwyse waarin ons saam ontdek waar God reeds aan die werk is, en saam begin beweeg na mense, na gemeenskappe en na nuwe moontlikhede. In hierdie sessie word ons genooi om na te dink oor behoort, gasvryheid en gestuur-wees. Nelus Niemandt nooi ons uit met die uitnodiging: “Kom huis toe.” Handré Meyer neem ons na die skool as sendingveld: ’n Alledaagse ruimte waar verhoudings, vorming en geloof prakties uitgeleef word en waar ons geroep word om teenwoordig te wees.