Kommunikasie- en Mediakoördineerder – Hatfield

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het ’n vakature vir ’n Kommunikasie- en Mediakoördineerder. In ’n tyd waar duidelike en verantwoordelike kommunikasie belangrik is, soek ons iemand wat kan help om die kerkverband se getuienis helder en toeganklik in die publieke ruimte te verwoord.
Waar die Kerk getuig en werk

Besluite van die Moderamen getuig van ’n verbintenis tot gehoorsame navolging van Christus. Ons verkondig Christus as Verlosser en Hoop, terwyl konkrete keuses van diens, geregtigheid en deernisvolle teenwoordigheid in ’n gebroke wêreld nie nagelaat word nie.
Adventgebed 2025 en Adventlied

SIEN. GLO. DOEN. ‘n Gebed en ‘n lied geïnspireer deur ‘n vergadering van die Algemene Sinode Moderamen.
ʼn Oop deur vir maatskaplike bedieningsvennote

KMDR kry weer ‘n administratiewe tuiste in die kantoor van die Algemene Sinode. Hierdie fisiese nader beweeg hoop om by te dra tot die versterking van samewerking op ‘n interdissiplinêre bedieningsvlak.
Pastorale brief

Ons is bewus van soveel onrustigheid, kommer en nood rondom ons. Ons soek wysheid as gelowiges en bid dat God ons genadig sal wees. ‘n Brief aan leraars en lidmate.
Voorbidding vir vrede in Mosambiek – verkiesingsgeweld

Kerkleiers in Mosambiek deel hul belewenis en kommer na die verkiesing en die sosiale onrus wat daarop volg. Ons bid vir ons Gereformeerde Kerkfamilie in Mosambiek.
Voorbidding vir Israel-Palestina

Sondag 6 Oktober 2024 is nagenoeg ‘n jaar nadat die mees onlangse konflik in die Gaza-strook opgevlam het. Laat ons intree vir vrede en geregtigheid hier en elders in die wêreld.