NG Kerk kommentare oor die Skolewet

Beste Kollega

Soos belowe, stuur ek aan jou die NG Kerk se reaksie op die wysigingswetsontwerp met betrekking tot die Skolewet. Klik hier om die dokument af te laai.

Dankie vir die goeie belangstelling en voorneme om te reageer. Dit is uiters belangrik. Jy is welkom om die NG Kerk se kommentaar te deel met wie jy wil. Ons het kennis geneem van die goeie reaksie op die oproep om 8 November as ʼn Dag van Verootmoediging en Voorbidding af te kondig. Ook ander kerkgroepe en die organisasies het saam deelgeneem.

Intussen het daar vanaf die Motsepe Foundation ʼn oproep gekom om 26 November af te kondig as ʼn Nasionale Dag van Gebed vir alle Suid-Afrikaners. Mnr Patrice Motsepe, voorsitter van die Motsepe Foundation, het ʼn besonderse verhouding met die verskillende geloofsgemeenskappe van ons land. Die NG Kerk en die twee ander Afrikaanse susterkerke is deel van die geloofsgemeenskappe wat elke jaar deur die Motsepe Foundation in hulle gemeenskapswerk ondersteun word.

Die Nasionale Biddag van 26 November is tydens ʼn perskonferensie op 7 November aangekondig. By hierdie geleentheid is die verteenwoordiger van die NG Kerk gevra om ʼn gebed in Afrikaans te doen, spesifiek vir plaaswerkers en die boere saam met ander slagoffers van geweld. Jy het dalk oor die radio of TV van die perskonferensie kennis geneem. Die Nasionale Biddag wil spesifiek op die volgende sake fokus: groter eenheid tussen alle Suid-Afrikaners ongeag taal en ras; die armes, werkloses en gemarginaliseerdes in ons samelewing, en ʼn geseënde toekoms vir alle Suid-Afrikaners. Byeenkomste sal plaasvind op die verskillende “heilige dae” van die verskillende geloofsgemeenskappe: Vrydag 24 November om 12:00 by die Darum Islam-moskee in Kaapstad; Saterdag 25 November by die Gardens-sinagoge in Hatfieldstraat, Kaapstad; Sondag 26 November by die FNB-stadion in Soweto.

Suid-Afrika is ʼn besonder godsdienstige land. Tydens hierdie geleenthede wil kerke en godsdienstige groepe, sonder om hulle onderskeie konfessionele grondslag en spiritualiteit te ontken, gesamentlik hulle bekommernis oor bogenoemde sake uitspreek.

Groete en seën tot ʼn volgende keer

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Petrusburg (Vrystaat): Predikant
14 July 2026
NG Gemeente Hugenoot: Twee predikantsposte (Deeltydse onbepaalde termyn)
14 July 2026
NG Kerk Swakopmund: Jeugwerker
14 July 2026
Podsending: Hoekom luister so belangrike deel van sosiale innovasie is … – Frederick Marais gesels met Joe Janse van Rensburg
13 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Ken – Gebed
14 July 2026
Ken
14 July 2026
Uil – Gebed
13 July 2026
Uil
13 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Haar tweeling so oud soos toe sy hul ma geword het: ‘God se liefde het my gehelp om myself te vergewe’
14 July 2026
Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026