GEMAAK VIR MEER: Jou gawes, jou passie, jou impak, jou roeping

Jy is nie per toeval hier nie. Jou gawes, jou passie, jou werk, jou roeping, dit alles tel. En mense weet dit. Al meer mense weier om hulle lewe op te deel in “betekenis hier” en “werk daar.” Hulle soek ‘n lewe wat geïntegreerd is, waar elke keuse, elke rand wat spandeer word, elke beroep en elke verhouding deel is van ‘n groter verhaal. ‘n Verhaal van betekenis. ‘n Verhaal van roeping. Maar hoe lyk dit in die praktyk? Kom hoor en deel by hierdie unieke geleentheid: Persoonlike stories van mense wat hulle passie en roeping geleef het, en nog leef. Eerlike gesprekke oor hoe geloof en beroep aan mekaar verbind kan word. Praktiese insigte oor hoe jy as individu ‘n verskil kan maak, in jou werk, jou gemeenskap, jou wêreld. Netwerk met ander wat dieselfde vrae vra en dieselfde soeke deel. Hierdie is nie ‘n lesing nie. Dit is ‘n gesprek, waar jou stem ook saak maak. Of jy nou worstel met vrae soos “Doen ek die regte ding?” of reeds ‘n pad gevind het wat vir jou sin maak, jy behoort hier te wees. Kom netwerk, kom gesels en kom ontspan saam!
Facilitator: Francois Maritz
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Tue | Aug 25 2026
09:30 - 10:30
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Tue | Aug 25 2026
09:30 - 10:30
Slanghoek Onder
TBC
3
Plekke beskikbaar
36

Binnekort beskikbaar

Francois Maritz

Ds Erick Zulch is predikant by die Groote Kerk met fokus jeug en musiek. Op 'n jong ouderdom is Erick al betrokke by verskeie musiekgroepe en -projekte wat apart en saam met sy bediening verweef het. In 2019 stel Erick as teologiese student sy debuut album vry. Tans in sy derde jaar van bediening het hy sy eerste Afrikaanse album, Sterrestof, vrygestel. Sy roeping, beide as predikant en musikant is onlosmaaklik van mekaar. Hy geniet ook kuns, wyn en 'cold-plunge'!