HERONTDEK WAT SAAK MAAK: Simbole en Ikone

Ons leef in ‘n wêreld vol geraas, beelde en eindelose afleidings. Te midde van die gejaagdheid verlang ons diep daarbinne na iets wat anker. Dis presies hoekom mense wêreldwyd opnuut ontdek wat gelowiges al eeue lank weet: simbole en ikone het krag. Dit vestig ons aandag. Dit herinner ons aan God se teenwoordigheid in die alledaagse. Of dit nou ‘n kunswerk, afdruk of selfoon agtergrond is, dit help ons om bewustelik te lewe te midde van ‘n besige wêreld. Kom verf ‘n geskenk vir jouself of iemand anders terwyl ons saam geskenksblokkie-ikone skep. Alle vaardigheidsvlakke is welkom en daar sal kunsbegeleiding wees. Ons gaan saam nadink oor: Wat simbole en ikone is, en waarom dit vandag meer relevant is as ooit. Antieke gebruike soos labirinte, mandalas, pelgrimstogte en seëngebede. Hoe om simbole en rituele in jou eie daaglikse lewe te integreer. Visuele en praktiese maniere om meer bewustelik voor God te lewe. Maar dis nie al nie… Hierdie werkswinkel is ook ‘n geleentheid om mense te ontmoet wat dieselfde soeke as jy deel. Kom netwerk, kom gesels en kom ontspan saam!
Facilitator: Aletta Simpson
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Tue | Aug 25 2026
14:00 - 15:00
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Tue | Aug 25 2026
14:00 - 15:00
Slanghoek Onder
TBC
0
Plekke beskikbaar
36

Besprekings open 15 April

Aletta Simpson