Paneelgesprek in die styl van Maak ‘n las/Op die stoep. Paneellede onder leiding van Jan Grobbelaar en bestaande uit onder andere Hancke van Blerk, Awie Botha, Wouter van Velden en Fourie Rossouw. Die paneel vertel humoristiese verhale uit hulle bediening. Gehoorlede word uitgenooi om deel te neem aan die gesprek en self ook snaakse bedieningsverhale te kom deel. Ons lag, kuier en gesels SAAM.