In hierdie paneelgesprek neem ons die historiese wysheid van ’n lewende tradisie ernstig op – ’n tradisie wat ons dra, vorm en uitdaag terwyl ons die Bybel verantwoordelik interpreteer en die evangelie vandag verwoord. Dis ’n lewende gesprek oor hoe diep teologiese denke nie net ons koppe vorm nie, maar ons bediening slyp om met helderheid, integriteit en missionale verbeelding in ’n komplekse wêreld leiding te gee.