Tydens hierdie sessie is daar ‘n gemaklike vraelys oor die waarde en vlak van selfsorg wat individueel voltooi word. Na hierdie stuk introspeksie is daar kaartjies wat ‘n groepsgesprek fasiliteer waarin lede van die groep vir mekaar prakties wenke hieroor gee. Dit is ook ‘n tegniek wat jy dan weer in jou gemeente kan gebruik om hierdie gesprekke te fasiliteer.