Die lewenslange terugkeer na die tafel in Emmaus.
Vierhonderd jaar ná die skilder Rembrandt van Rhijn sy eerste besoek aan die dorpie Emmaus gebring het (in sy jeugdige klein ateljee, 1628), word jy saamgenooi op die stofgetrapte paadjie tussen Jerusalem en Emmaus… om die val van lig en die kleur van klank te beleef daardie Sondagmiddag, en hoe dit bly terugkeer, dié lewenslange wisseling tussen Aanwesigheid en afwesigheid.