Kom geniet saam met ons ‘n heerlike oggend waar ons op ‘n besonderse manier die mooi van die skepping waardeer. “Here, al u werke loof U, en u troue volgelinge prys U.” Psalms 145:10
Ek is lief daarvoor om ruimtes te skep waar oud en jonk 'n ontmoeting met God kan hê. Ek sukkel om stil te sit so daar is altyd 'n paar half klaar handwerk projekte in my huis en 'n hekelpen en bolletjie wol in my handsak net vir ingeval! ! Ek glo dat om met my hande besig te wees met enige kreatiewe skepping, my brein kans kry om te ontspan, en skielik nuwe oplossings begin voorstel vir uitdagings waarmee ek sukkel. Ek is gereeld verstom deur die grootsheid van die Skepping en hoe God sigbaar word op onverwagse plekke wanneer ek tyd maak.