Kom reis saam met jou Herder deur die draaie van die lewe terwyl ons verf. “Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie,
sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my.” Psalm 23:4
Ek is Ds Annatha Nel van NGK Keimoes-Neilersdrift. My bediening beweeg in die ritme met die lewende God, waar musiek, kuns en gebed mekaar ontmoet. In kreatiewe ruimtes van stilte en verwondering ontdek ons weer God se genade en sorg. Soos ’n labirint lei God ons geduldig deur wroeging, vrae en genesing, totdat ons nuut by hoop en oorwinning uitkom.