MosaĂŻekwerk is ‘n kunstradisie so oud soos die Bybel self. Dit herinner ook hoe God uit die skerwe van mense se lewens iets moois kan maak. Kom maak iets moois terwyl jy reflekteer oor die stukkies van jou eie lewe en bediening.
Nioma het in die Noord-Kaap grootgeword, maar lank aan die voet van Tafelberg gewoon. In 2024 is sy na die noorde van die land verplant, waar sy nog die nuwe seisoene van haar lewe en werk ontdek. Sy ontvlug gereeld na haar groente- en kruietuin of na iets skeppends wat vreugde bring.