Ons het almal ‘n behoefte aan herstel en genesing. Jesus het altyd mense ontmoet waar hulle is. Vanaand nooi ons jou om toe te laat dat Jesus jou kom ontmoet net hier waar jy is.
Zander van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant. Hy is getroud met Maartje en saam met hul twee kinders woon hulle in die ooste van Pretoria. Tydens die Predikante Saamkoms is Zander verantwoordelik vir die saamstel van al die groot byeenkomste in die Boland-saal (Grootsaal). Hy organiseer die musikante en speel self klavier. Hy is ook die vervaardiger van die Saam in Lof musiekproduksie waarmee die Saamkoms afsluit.