Jesus leer ons. Hy leer ons op só ‘n manier dat ons verwonderd staan oor Sy wysheid en kennis. Dit is soos lewende brood wat ons dra deur die dag. Kom ons vier met verwondering die Brood van die Lewe.
Zander van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant. Hy is getroud met Maartje en saam met hul twee kinders woon hulle in die ooste van Pretoria. Tydens die Predikante Saamkoms is Zander verantwoordelik vir die saamstel van al die groot byeenkomste in die Boland-saal (Grootsaal). Hy organiseer die musikante en speel self klavier. Hy is ook die vervaardiger van die Saam in Lof musiekproduksie waarmee die Saamkoms afsluit.