Saam in Lof - 'n Musiekproduksie

Op Donderdag 27 Augustus 2026 om 19:00 word die groot Boland-saal by ATKV Goudini omskep in die ruimte vir ’n professionele musiekproduksie en stylvolle verskeidenheidskonsert. Saam in Lof is ’n volwaardige verhoogproduksie met lig, klank, skerms en ’n volledige tegniese opstelling, aangebied deur ’n ervare span. Die produksie word as ’n geleentheid op sy eie hanteer en sal later vir televisie uitgesaai word op die ViaTV-kanaal (DSTV). Die program fokus uitsluitlik op musiek: ’n vloeiende musikale ervaring wat vir die wyer publiek, wat dit later op televisie kyk, innooi om deel te voel van die spesiale geleentheid. Die produksie bring verskeie kunstenaars saam, elk met hul eie bydrae, asook samewerkingsmomente wat die gedagte van “saam” konkreet laat gestalte kry. As afsluiting van die Predikante SAAMkoms dien SAAM IN LOF as ’n viering: ’n oomblik waar woorde plek maak vir klank, waar verskillende stemme saamvloei, en waar ’n gemeenskap wat vir dae saam gedink, gesels en gedroom het, uiteindelik saam afsluit.
Facilitator: Zander van der Westhuizen
Session Title *
Description *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Thu | Aug 27 2026
19:00 - 20:00
Thu | Jan 1 1970
R0
0 booked seats
Zander-SQ-4

Zander van der Westhuizen

Gebeurtenis besonderhede

Thu | Aug 27 2026
19:00 - 20:00
Grootsaal
R0

Besprekings open 15 April

Hierdie sessie is oop vir almal

Zander van der Westhuizen

Zander van der Westhuizen is ’n predikant, radio-omroeper, skrywer en musikant. Hy is getroud met Maartje en saam met hul twee kinders woon hulle in die ooste van Pretoria. Tydens die Predikante Saamkoms is Zander verantwoordelik vir die saamstel van al die groot byeenkomste in die Boland-saal (Grootsaal). Hy organiseer die musikante en speel self klavier. Hy is ook die vervaardiger van die Saam in Lof musiekproduksie waarmee die Saamkoms afsluit.