Van Idee tot Boek

Baie mense dra ’n boekidee in hul hart. Maar hoe weet jy of daardie idee werklik ’n boek kan word wat ander mense sal wil lees?

In hierdie interaktiewe werksessie werk ons saam aan jou idee. Dit is nie ’n lesing nie. Deelnemers dink, skryf, bespreek en toets hul idees terwyl ons stap vir stap deur ’n praktiese raamwerk beweeg.

Saam verken ons vrae soos:

Wie is die leser vir hierdie boek?

Watter behoefte of vraag spreek die boek aan?

Wat maak hierdie idee relevant vir vandag?

Die fokus is om jou te help om helderheid te kry oor jou idee. Deur die gesprekke en die raamwerk begin die fokus skuif van “my storie” na “’n storie wat ander mense nodig het.”

Teen die einde van die sessie het elke deelnemer ’n kort werkraamwerk ingevul wat help om jou boekidee eerlik te evalueer. Jy stap weg met nuwe insig oor jou volgende stap: Moet jy voortgaan, jou idee aanpas, of dalk ’n ander invalshoek soek?

Hierdie sessie is ideaal vir mense wat ernstig dink oor ’n geloofsboek en graag praktiese rigting wil kry.

Aktiwiteit tydens die sessie: Deelnemers voltooi ’n kort Boek Idee Stress Toets waarin hulle kernvrae beantwoord ook hul boek-idee om te sien hoe sterk die boekidee staan.

Facilitator: Hester Fourie
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Tue | Aug 25 2026
14:00 - 15:00
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Tue | Aug 25 2026
14:00 - 15:00
Badsberg
TBC
0
Plekke beskikbaar
40

Besprekings open 15 April

Hester Fourie

Hester is Hoof van Publikasies by Bybel-Media met jare se ondervinding in die publikasiebedryf as redigeerder, keurder en publikasiehoof.