Kerkmusiek-spieël: Wat sing ons en hoekom?

Elke gemeente sing.

Maar min gemeentes dink doelbewus oor wát hulle sing en hoe dit hulle geloof en identiteit vorm.

In hierdie interaktiewe leersessie werk ons saam met deelnemers om hul eie gemeente se musiekpraktyk te verken. Dit is nie ’n lesing oor stylvoorkeure nie, maar ’n gesprek waarin ons saam kyk na die keuses wat gemeentes maak en wat dit oor hul teologie, kultuur en konteks sê.

Deelnemers werk met die Kerkmusiek-Spieël-model om hul gemeente se musieklandskap te ondersoek. Saam verken ons vrae soos:

Watter tipe liedere oorheers in ons gemeente?

Waar bewaar ons tradisie en waar vertaal of vertolk ons dit nuut?

Is daar dele van die musieklandskap wat ons min of glad nie gebruik nie?

Hoe vorm lirieke en melodie saam die geloofstaal van ’n gemeente?

Die doel van die sessie is om bewustheid te skep oor hoe musiek ’n gemeente vorm en hoe meer doelbewuste keuses gemaak kan word.

Teen die einde van die sessie sal deelnemers:

• ’n duideliker prent hê van hul gemeente se musiek-DNS

• kan raaksien waar hul musiek sterk staan

• moontlike blinde kolle of oorbeklemtonings identifiseer

• met groter bewustheid oor toekomstige musiekkeuses kan dink

Hierdie sessie is vir predikante, musiekleiers en gemeenteleiers wat nie net wil sing nie, maar wil verstaan hoe musiek geloof vorm.

In hierdie sessie werk deelnemers prakties met hul eie gemeente se musiekpraktyk.

Deelnemers gebruik die Kerkmusiek-Spieël om hul musieklandskap te karteer en patrone raak te sien.

Aktiwiteit tydens die sessie:

Deelnemers plaas voorbeelde van liedere uit hul gemeente binne die 9-blok Kerkmusiek-model. So ontdek hulle:

• waar sekere musiektipes oorverteenwoordig is

• watter ruimtes moontlik ontbreek

• hoe hul gemeente se musieklandskap lyk

Teen die einde van die sessie is daar ook geleentheid vir vrae oor die pad wat nuwe liedere loop van skryf tot publikasie.

Bykomende hulpmiddel:

’n Kort Kopiereg-roete-werkblad help deelnemers om te verstaan hoe ’n lied professioneel kan beweeg van idee tot verspreiding.

Deelnemers karteer:

• My lied → Registrasie → Opname → Verspreiding

en ontdek hoe platforms en kanale kan help om nuwe kerkmusiek verantwoordelik te beskerm en te deel.

Facilitator: Riaan Steyn
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Wed | Aug 26 2026
09:30 - 10:30
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Wed | Aug 26 2026
09:30 - 10:30
Badsberg
TBC
0
Plekke beskikbaar
40

Besprekings open 15 April

Riaan Steyn

Dr Riaan Steyn is ‘n kerkorrelis en pianis (en musiekdirekteur) by die NG Gemeente Welgemoed (sedert 2009) en het ‘n PhD verwerf (Universiteit van Stellenbosch) wat gefokus het op himnologie (kerkmusiek). Sy kerkmusieknavorsing het hom op ver paaie geneem: Princeton Universiteit (in New Jersey, VSA), Vrije Universiteit in Amsterdam en die Calvin Institute of Christian Worship (Grand Rapids, VSA). Die tesis het gehandel oor die daarstelling van ‘n praxisteorie vir praktiese opleiding van kerkmusici (beredeneer vanuit ‘n musikologiese en teologiese oogpunt). Riaan is die uitvoerende hoof van Traxtudio® - ‘n mediagroep wat fokus op musiekproduksie, audio-forensiese dienste, musieklisensiëring-, -administrasie en - uitgewery. Riaan is ook die stigter van Church Music Licensing (‘n filiaal van Traxtudio®) en hoof van kerkmusiek by Bybel-Media. In die kerkmusiekrealm was Riaan die musikale regisseur (en verwerker) van “Dis tyd om te sing!” – ‘n Musiekproduksie van kerkmusiek saam met ‘n massakoor (450 lede), die Kaapse Filharmoniese Orkes, pyporrel en ‘n kontemporêre orkes, aangebied deur Bybel- Media, en skryf ook liedere vir kerkgebruik. Riaan het aan die hoof gestaan van die nuutste herset van die volgende liederebundels: Psalms en Gesange vir die AP Kerk (Afrikaanse Protestantse Kerk), Die Liedboek van die Kerk (NG en Hervormde Kerk) en die Psalms en ander Skrifberymings van die GKSA, en is ‘n mede-navorser by Hugenote Kollege. Steyn is ‘n musiekdirekteur met meer as 500 musiekproduksies agter sy naam. Hy het ondermeer werk gelewer vir kontemporêre kunstenaars wat insluit, Stef Bos, Sir (Dr) Brian May (van die QUEEN groep), Amira Willighagen, Amanda Strydom, Kerry Ellis (van Broadway en West End), die Soweto Gospel Choir, SA Jeugkoor, Tygerberg Kinderkoor, en vele meer. Hy het ook op verskeie ander platforms gewerk as musikale spesialis (in verskillende hoedanighede) vir (TV-) produksies wat insluit, Idols, SA’s Got Talent, KYKNET, The Voice en Huisgenoot, You en Drum. Riaan is tans besig met ‘n tweede PhD-studie (Visual and Performing Arts with Music) aan die NWU® wat fokus op die audio-forensiese veld. Riaan is getroud met die violis, Elzaan Steyn, en woon saam met hul vier kinders en drie honde in Van Riebeeckshof in Kaapstad.