In die boek lewer Coenie Burger ‘n belangrike bydrae in nadenke oor die Heilige Gees.
Baie gemeentes wil oor belangrike sosiale temas praat, maar weet nie altyd hoe om die gesprek verantwoordelik te begin nie.
In hierdie interaktiewe werksessievoer Mias van Jaarsveld ‘n gesprek met Coenie sowel as demonstreer ’n reeks kort leerprogramme wat gemeentes kan help om gesprekke en bewusmaking rondom uitdagende temas in hul gemeenskappe te fasiliteer.
Die materiaal fokus op temas soos:
• Geestelike gesondheid
• Vroeë kinderontwikkeling
• Menswaardigheid
• Veerkragtigheid
• Gender-based violence
Elke program/pamflet bestaan uit kort, toeganklike tekste van ongeveer 1000 woorde wat maklik gebruik kan word in kleingroepe, pastorale gesprekke of gemeenskapsprojekte. Die materiaal is ook beskikbaar in verskeie Suider-Afrikaanse tale, sodat dit in uiteenlopende gemeenskappe gebruik kan word.
In die sessie sal deelnemers:
• sien hoe die materiaal in ’n werklike gesprek gebruik kan word
• fisiese materiaal ontvang én digitale toegang tot die programme kry
Hierdie sessie is ideaal vir predikante, gemeenteleiers, maatskaplike werkers en vrywilligers wat eenvoudige, praktiese hulpmiddels soek om betekenisvolle gesprekke in hul gemeenskap te fasiliteer.
In hierdie sessie werk deelnemers prakties met die moontlikhede vir hul eie konteks.
Deelnemers identifiseer waar en hoe hierdie programme in hul gemeente of gemeenskap gebruik kan word.
