Drumming Circle & Boomwhackers: Speel-speel met diep gesprekke
Wat gebeur wanneer ritme, beweging en gesprek saamkom?
In hierdie energieke sessie gebruik Siegfried Louw en Christo Botha dromme en Boomwhackers om saam met die groep ritme te maak en te ontdek wat met ons energie gebeur wanneer ons saam speel.
Jy hoef geen musikale ervaring te hê nie. Die fokus is nie op prestasie nie, maar op deelname.
Deur eenvoudige ritme-oefeninge ervaar deelnemers hoe klank, liggaam en groepdinamika saamwerk. Terwyl die ritme ontwikkel, ontstaan daar dikwels onverwagse insigte en eerlike gesprekke oor samewerking en hoe ons as mense in ’n groep funksioneer.
Teen die einde van die sessie sal jy:
ontdek hoe eenvoudige aktiwiteite diep gesprekke kan oopmaak
Hierdie sessie is vir almal wat deur spel, ritme en gesprek nuwe perspektiewe wil ontdek.