Ons luister saam hoe God in ons lewens werk

Groepsbegeleiding in Spiritualiteit

Hierdie sessie skep ’n rustige ruimte waar mense saam kan luister na die vraag:

Waarmee is die Here tans in my lewe besig?

Dit is nie primêr ’n pastorale gesprek waar probleme opgelos word nie. Die fokus is eerder op aandag, verbeelding en ontdekking, om raak te sien hoe God reeds in ons lewens aan die werk is.

Deelnemers word genooi om hul geleefde ervaring van God te verken:

Wat beweeg in my lewe?

Waar raak God se teenwoordigheid my aan?

Wat vra hierdie ervaring van my?

In ’n groepsruimte beteken dit dat ons saam luister na mekaar se stories. Ons meng nie in met mekaar se verhale in of probeer dit regmaak nie. Met respek en aandag hoor ons hoe God in ons lewens beweeg.

Die fasiliteerder tree nie op as iemand wat antwoorde gee nie, maar eerder as ’n getuie wat help om die ruimte oop te hou. Saam word ons mede-getuies van mense se ontmoetings met God in die alledaagse lewe.

Teen die einde van die sessie kan deelnemers:

* nuwe taal ontdek om oor hul ervaring van God te praat

* met groter nuuskierigheid na hul eie lewe kyk

* met vars oë na die Bybel terugkeer

Hierdie sessie is vir mense wat verlang om dieper te luister na God se beweging in hul lewe, saam met ander.

Facilitator: Marié Britz
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Tue | Aug 25 2026
09:30 - 10:30
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Tue | Aug 25 2026
09:30 - 10:30
Slanghoekhuisie 2
TBC
0
Plekke beskikbaar
12

Besprekings open 15 April

Marié Britz