GEMAAK VIR MEER: Jou gawes, jou passie, jou impak, jou roeping

Jy is nie toevallig hier nie. Jou gawes, passies, werk en roeping maak saak, en daarom begin ons die gesprek sommer informeel met ’n koffie-en-beskuit pairing om die gesprekke rondom die tafels aan die gang te kry. Al hoe meer mense besef dat hulle nie hul lewens in afsonderlike dele wil verdeel nie: “betekenis hier” en “werk daar”. Hulle verlang na ’n geïntegreerde lewe waarin elke keuse, elke rand wat hulle spandeer, elke beroep en elke verhouding deel vorm van ’n groter verhaal, ’n verhaal van betekenis en roeping. Maar hoe lyk dit in die praktyk? Kom luister na én deel in die persoonlike stories van mense wat hul passie en roeping uitleef. Raak deel van eerlike gesprekke oor hoe geloof en beroep met mekaar verbind kan word, en ontdek praktiese maniere waarop jy as individu ’n verskil kan maak, in jou werk, jou gemeenskap en jou wêreld. Hierdie is nie ’n lesing nie, maar ’n oop gesprek waarin jou stem ook saak maak. Of jy tans worstel met vrae soos: “Doen ek die regte ding?” of reeds ’n pad gevind het wat vir jou betekenisvol is, jy behoort hier te wees. Kom netwerk, kom gesels en kom ontspan saam met ander wat dieselfde vrae vra en dieselfde soeke deel.
Facilitator: Barbara-Mari Jacobs
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Thu | Aug 27 2026
09:30 - 10:30
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats
WhatsApp-Image-2026-07-08-at-11.35.55

Barbara-Mari Jacobs

Gebeurtenis besonderhede

Thu | Aug 27 2026
09:30 - 10:30
Slanghoek Onder
TBC
22
Plekke beskikbaar
48

Binnekort beskikbaar