Kom sit, gesels en skep saam met ons in die netwerktent. Simbole en ikone het al eeue lank ‘n manier gebied om stil te word en bewustelik te leef en in hierdie werkswinkel gaan ons self so ‘n simbool skep.
Al die kunsmateriaal wat jy nodig het, sal voorsien word, en ‘n fasiliteerder sal jou deur die proses begelei. Geen vorige kunservaring word verwag nie. Almal is welkom.
Jy gaan ‘n gebedsirkel teken: ‘n sirkelvormige, patroon-kunswerk met iemand spesifiek in gedagte. Terwyl jy die patroon skep, “dra” die simbool jou gebed vir daardie persoon. Die kunswerk wat jy aan die einde het, kan jy vir jouself hou, of as ‘n geskenk vir die persoon gee vir wie jy gebid het.
Terwyl ons werk, gesels ons ook oor hoe simbole en klein rituele in ons daaglikse lewe kan help om meer bewustelik te leef. Kom ontmoet mense, ontspan, en skep iets betekenisvols om mee weg te stap.