SOEK SAAM HOE OM TE LEEF: Wysheid en Wyn

Kom sluit die dag af met ‘n rustige wynproe saam goeie mense. Predikante en gemeentes vandag worstel dikwels met ‘n gevoel van groterwordende irrelevansie: die ou maniere van “inligting oordra” tref nie meer die generasie wat die wêreld fundamenteel anders verstaan as 20 jaar gelede nie. Jongmense soek nie meer antwoorde nie, hulle soek wysheid om goed keuses te kan maak. Hierdie sessie is ‘n uitnodiging om die gesprek weer aan die gang te kry. Ons gaan wegskuif van die druk om “alles te weet” en fokus op hoe om ‘n veilige, onbedreigende ruimte te skep waar jongmense hul geloofsvrae en hulself kan bring. Ons doen dit nie net in teorie nie, maar oor ‘n glas goeie wyn waar daar ruimte is vir jou eie vrae en eerlike vrese. Jy sal wegstap met ‘n praktiese, uitvoerbare templaat om ‘n alternatiewe byeenkoms in jou eie konteks te reël – ‘n plek waar die klem skuif van die deel van inligting na die kuns van gesamentlike onderskeiding. Ek belowe jou dat hierdie sessie jou sal help om stadigaan te beweeg van ‘n bediening wat inligting gee, na ‘n bediening wat jongmense help om met wysheid te onderskei. Jy sal wegstap van die sessie met nuwe opgewondenheid oor die moontlikhede in jou eie omgewing en oor hoe jy dit prakties kan implimenteer. Wysheid en Wyn is ‘n bestaande bediening van Wellington Gemeente wat vir die afgelope 6jaar jongmense help om met dapperheid en sagtheid hul verhoudings en beroepe aan te pak. Kom netwerk, kom gesels en kom ontspan saam!
Facilitator: Francois Maritz
Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Datum *
Tyd
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Wed | Aug 26 2026
16:00 - 17:00
Thu | Jan 1 1970
TBC
0 booked seats

Gebeurtenis besonderhede

Wed | Aug 26 2026
16:00 - 17:00
Slanghoek Onder
TBC
38
Plekke beskikbaar
48

Binnekort beskikbaar