Wat daarvan as kerk-wees meer is as net sit en luister? Wat daarvan as geloof iets is wat jy beleef, ervaar en leef, selfs buite die bekende ruimtes? In hierdie sessie word ons uitgenooi om die erediens nuut te beleef: Nie as ’n plek waar jy net opdaag nie, maar as ’n lewende ervaring waar mense werklik raakgesien, gehoor en gevorm word. Petrus Botha neem ons uit die kerkgebou en plaas ons in die Bosveld. Morné Jacobs help ons om te besef dat die erediens begin voordat die kerkklok lui. Annatha Nel bring ‘n vars perspektief vir jeugbediening wat werklik werk. Jacques Strydom nooi ons in ’n dapper gesprek oor gasvryheid waar kreatiwiteit en digkuns nuwe ruimtes oopmaak vir ontmoeting, insluiting en egte verbintenisse.