Niemand groei in isolasie nie. Ons groei deur verhoudings, met verskille, in gemeenskappe. Hierdie sessie herinner ons daaraan dat ons mekaar vorm, oor generasies, oor ervarings, en oor grense. Lou-Maré Denton help ons om andersheid raak te sien as ’n gawe, en wys hoe neurodiversiteit ons uitnooi om ruimtes te skep waar elke mens kan floreer. Marie-Jean Brink neem ons na waar klein kinders reeds deel is van die geloofsgemeenskap. Johan Botes reflekteer oor ouerskap oor die tyd heen. Niel Steyn daag ons uit om die skuif te maak van “charity” na ware gemeenskap.