Hierdie sessie nooi ons uit om kerkwees te herontdek as ‘n gemeenskap wat oorvloei na buite; na die aarde, na digitale ruimtes, na mense se diepste vrae en na plekke waar hoop soms skaars voel. Marius Schoombie wys hoe die nagmaal ons kan vorm tot ’n meer bewuste, volhoubare leefwyse, waar geloof en sorg hand-aan-hand loop. Nioma Venter herinner ons daaraan dat diep wortels noodsaaklik is vir wyd reikende takke. Luan Martin neem ons na ’n sendingveld wat dikwels oor die hoof gesien word: Die digitale wêreld van “gaming”. Jacques Heymans help ons om eerlik te kyk na daardie plekke waar hoop ontbreek en nooi ons om juis daar nuwe betekenis en moontlikheid te ontdek.