Hoe dra ons ’n besondere boodskap oor op ’n manier wat werklik mense raak en verander? In hierdie sessie word ons uitgenooi om na te dink oor hoe ons dink, voel en leef. Rikus Blom help ons om te sien hoe kop, hart en hand saam ’n betroubare draer word van die evangelie — ’n boodskap wat bedoel is om geleef te word. Jana Dickason herinner ons aan die skoonheid en uitdagings van neurodiversiteit en hoe ons ruimte vir mekaar kan maak. Annelet Salzus neem ons verder deur te wys hoe eredienste plekke kan word waar generasies mekaar vind. Yolandi Kok wys ons die pad na ’n familiebediening wat werklik groei en vrug dra.