Roeping begin nie eers wanneer ons alles perfek uitgedink het nie — dit begin wanneer ons eenvoudig sê: “Hier is ek.” In hierdie sessie word ons genooi om eerlik te kyk na hoe ons leef, werk en teenwoordig is en hoe dit alles deel word van ons antwoord op God se roepstem. Carli Hugo vra ’n skerp, maar noodsaaklike vraag: Wat sê jou kalender oor jou roeping? Ons kalender verklap immers dikwels meer oor ons prioriteite as wat ons wil erken. Jana van den Munckhof herinner ons daaraan dat roeping gaan oor heelheid; om saam met ander op ’n pad van genesing, integrasie en ware menswees te loop. Dewald Niemandt wys hoe ons op om nuwe maniere mense kan raaksien en dien. Johan Botha gee woorde aan ’n realiteit waarin baie van ons leef, maar selde erken: beroepseensaamheid.