Ware leierskap gaan nie oor posisie of mag nie, maar oor die vermoë om lewe raak te sien, ruimte te skep en ander te laat floreer. Hierdie sessie nooi ons uit om leierskap te te sien as deelname aan dit wat God reeds besig is om te doen. Frederick Marais gesels oor sosiale leierskap in en saam met die gemeenskap op weg na geregtigheid eenheid en versoening. Wicus van der Merwe neem ons terug na Martin Luther en die alledaagse lewe van lidmate. Barry Tolmay wys hoe ware leierskap wat floreer nie kom uit prestasie nie, maar uit ’n lewe wat gewortel is in genade. Nico Simpson daag ons uit om eerlik te kyk na ons fokus, want waar ons aandag is, daar is ons impak.