Vir hierdie sessie kort jy absoluut geen vorige kunservarings of spesiale vermoëns nie. Jy kan net opdaag met ‘n oop hart en hande om lekker met klei te werk terwyl ons nadink oor hoe God ons vorm en maak.
Ek is iemand wat hou van goeie stories en kreatiewe ruimtes waar ons ons geloof op nuwe en betekenisvolle maniere kan ontdek. Ek gebruik dikwels simboliek en handewerk om te wys hoe geloof nie net verstaan word nie, maar ook beleef kan word. My liefde vir kuns kom vanuit 'n diep oortuiging dat ek GLAD NIE KAN TEKEN NIE - nie eens 'n stokmannetjie nie. Maar, ek sien die ware kuns raak in die eenvoudige waarheid wat wys dat God geduldig besig is om iets nuuts en moois in ons lewens te vorm.