Ons doen die staproete by die pragtige Jason’s Hill landgoed in Slanghoek.
Die roete begin agter die kelder met ‘n lekker entjie se klim teen die berg uit. Daarna draai jy regs en stap ‘n paar kilometer parallel met die vallei. Hier kan jy jou verwonder aan die asemrowende uitsigte oor Badsberg en tot agter in Slanghoek. Die fynbos is pragtig en allerhande spesies voĆ«ls kom hier voor.
Uiteindelik sak jy weer af tot in die vallei en stap tussen die wingerde deur terug tot by die kelder waar jy jou dors kan les met van die omgewing se heel beste wyn.
Die roete is glad nie tegnies nie en die paadjiie is mooi uitgetrap. Daar is wel los klippe op plekke so trek goeie stapskoene aan.
Afstand: 6.6km in totaal
Tydsduur: Maksimum 3 ure
Koste: R20 donasie vir die plaaslike Badisakantoor se noodfonds.
LET WEL: Indien die weer sleg is, sal hierdie sessie gekanselleer word.