Logo-Amptelik_2024
Algemene Kuratorium
Hierdie taakspan dra oorhoofse verantwoordelikheid vir teologiese opleiding

Teologiese opleiding in die NG Kerk geskied aan die teologiese fakulteite van en sentra vir bedieningsontwikkeling by die universiteite van Stellenbosch, Pretoria en Bloemfontein, asook die Hugenote Kollege en die Namibiese Evangeliese Teologiese Seminarium, en word by wyse van skriftelike ooreenkoms tussen die betrokke sinode(s) en die onderskeie opleidingsentra bepaal, op voorwaarde dat dit nie in stryd is met die besluite van die Algemene Sinode  nie.

Die werksaamhede van die Algemene Kuratorium word as volg beskryf (Reglement 9 van die Kerkorde 2023):

  • Die taakspan sien in die algemeen om na die teologiese opleiding en verdere bedieningsontwikkeling, en adviseer die Algemene Sinode in verband met die beleid wat gevolg moet word ten opsigte van teologiese opleiding en verdere bedieningsontwikkeling in die lig van die A tot Z-beleid;
  • koördineer en bespreek sake van gemeenskaplike belang vir die onderskeie teologiese fakulteite en die sentra vir verdere bedieningsontwikkeling soos deur die Algemene Sinode en/of die kuratoria na die taakspan verwys, en gee daaroor leiding;
  • bepaal in oorleg met die kuratoria en NG Kerkdosenterade die minimum vereistes vir toelating tot die evangeliebediening en lê dit aan die Algemene Sinode vir goedkeuring voor;
  • sien in oorleg met die kuratoria toe dat die vereistes vir toelating tot die evangeliebediening in die NG Kerk in die akademiese programme aan die universiteit en/of in die programme van die sentra vir bedieningsontwikkeling geïmplementeer word;
  • verseker deur genoegsame kontrole en toepaslike optrede dat die teologiese opleiding by die onderskeie teologiese opleidingsentra geskik en gelykwaardig is;
  • bepaal die bestek vir colloquium doctum, waaraan die kuratoria uitvoering gee; oefen in geval van verdienstelike aansoeke vir legitimasie ’n diskresie uit om ’n aanbeveling aan ’n kuratorium te maak ten opsigte van aanvullende studie en/of eksaminering met die oog op legitimasie;
  • beskik oor diskresionêre bevoegdheid rakende die vereistes vir die (aanvullende) opleiding van tweede loopbaan-aansoekers;
  • hou register van alle studente wat gekeur is vir die teologiese opleiding en voorsien die Algemene Taakspan Predikantesake van ’n afskrif daarvan;
  • ontvang verslae van kuratoria oor die verdere bedieningsontwikkeling van gelegitimeerdes by die onderskeie sentra vir verdere bedieningsontwikkeling en voorsien die Algemene Taakspan Predikantesake van afskrifte daarvan;
  • kompileer, sonder inhoudelike wysiging, die verslae van die onderskeie kuratoria met die oog op een samevattende verslag aan die Algemene Sinode;
  • en gee terugvoer aan die ASM en doen verslag aan die Algemene Sinode.

Fakulteit Teologie

Bloemfontein – Universiteit van die Vrystaat. (www.theology.ufs.ac.za)

Pretoria – Universiteit van Pretoria. (www.up.ac.za/faculty-of-theology-and-religion)

Stellenbosch – Universiteit van Stellenbosch. (www.academic.sun.ac.za/theology)

Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?