Logo-Amptelik_2024
Algemene Taakspan Argief (ATA)
Die bewaring van argivalia, ontwikkeling van beleid, en koördinering van sinodale werksaamhede in hierdie verband.

Die werksaamhede van die Algemene Taakspan Argief (ATA) word as volg omskryf (Reglement 4 van die Kerkorde, 2023):

Die Kerkargief dien as die korporatiewe geheue van die kerk en stel die kerk in staat om sy funksies op ’n logiese, verantwoordelike en konsekwente wyse voort te sit.

Die versameling, bewaring, ontsluiting en gebruik van argivalia bewoord die getuienisse oor die handelinge van God in en deur Sy kerk in ’n bepaalde gebied. Deur versameling, bewaring, ontsluiting, navorsing en publikasie word argivalia bewaar, beskikbaar gemaak deur nuwe navorsing en as sulks beskerm.

ACTA verwys na die amptelike agendas en notules (handelinge) van kerkvergaderings, insluitend verslae, bylae en besluite wat tydens 'n vergadering geneem is. Hierdie dokumente dien as die formele rekord van die kerk se besluite, beleid en werksaamhede.

Alle ACTA van die Algemene Sinode kan aanlyn geraadpleeg word hier: NG Kerk in SA Argief. Die skakel herlei na die webblad van die Argief in Stellenbosch, waar hierdie dokumente amptelik bewaar en digitaal beskikbaar gestel word.