Die NG Kerk belê lank reeds in goed opgeleide en teologies toegeruste predikante wat diens doen in die koninkryk van God – van Pretoria tot Pofadder en nou ook Perth!
Met die skep van die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) word daar ’n stappie verder gegaan om ook hierdie korps professioneel te bestuur en te begelei. In die verlede is opleiding, toelating, voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO), mentorskap, begeleiding, ondersteuning asook tug- en dissiplinêre handelinge tussen ’n hele paar instansies, taakspanne, ringe en opleidingsentra versprei.
Met die aanvaarding van die A tot Z-Beleid is die behoefte aan ’n taakspan of raad waar al hierdie sake onder een struktuur geplaas word, weereens benadruk.
Taakspan Predikantesake – missie
Met die aanwys van ’n Algemene Bevoegdheidsraad (ABR) vir die NG Kerk het die kerk homself aangesluit by baie ander professionele beroepslui (soos medici, ingenieurs en regslui) wat oor sulke rade beskik.
Die Kerk het besef dat een van sy belangrikste bates sy predikante (studente en emeriti ingesluit) is en daar besondere aandag aan hulle gegee moet word. Hoewel die predikante nie deur die Algemene Sinode in diens geneem word nie, kan hulle in ‘n sekere sin tog as werknemers beskou word.
Die Algemene Sinode ken aan persone bevoegdheid (met legitimasie) toe sodat gelegitimeerdes in staat is om in diens van gemeentes / kerkverband te staan en so hulle roeping as Verbi Dei Minister uit te leef.
Werknemers is geregtig op ’n bevredigende werksomgewing met voortgesette loopbaanontwikkeling, versorging en die beskerming teen onbillike arbeidspraktyke. Hierdie belegging in ’n organisasie se werknemerskorps, verseker dat werknemers optimaal funksioneer en gehalte uitsette lewer en werksvreugde ervaar.
ALGEMENE BEVOEGDHEIDSRAAD (ABR)
Die Algemene Bevoegdheidsraad (ABR), ‘n sub-taakspan vir Predikantesake, hanteer alle bevoegdheidaangeleenthede, soos die jaarlikse aanmelding, registrasiefooie, bevoegdheidsnavrae en advies oor aansoeke tot hertoelating tot die bediening.
Die ABR versoek predikante jaarliks om hulle biografiese inligting te kontroleer asook registrasiegelde voor 30 April te betaal. Alle inligitng rakende die aanmelding asook riglyne oor die jaarlikse getuigskrif wat proponente, beroepbare predikante en emeriti aan die ABR moet besorg.
Neem kennis van die volgende belangrike dokument:
Kontakbesonderhede:
ABR KANTOOR: Annari du Plessis – 012 342 0092/ bevoegdheid@ngkerk.org.za
Skakel vir Annari vanaf 08:00 – 12:00 vir enige navrae rakende Bevoegdheid asook veranderings op die Bevoegdheidsregister.