Logo-Amptelik_2024
Evangelisasie
'n Taakspan wat passievol is oor die Goeie Nuus van die koninkryk van God wat aangrypend geopenbaar is deur Jesus Christus en waarvan die Heilige Gees gelowiges daagliks nog oortuig en lei.

Ons is ʼn wat opgewonde en passievol is oor die Goeie Nuus van die evangelie. Ons is bevoorreg om mense te nooi en te inspireer om die Goeie Nuus van die koninkryk van God wat aangrypend in die Here Jesus Christus geopenbaar is, vars en nuut te herontdek. Ons wil dat mense opnuut die avontuur beleef om spontaan en met vreugde deel te neem aan God Drie-enig se liefdesbeweging na almal en die hele skepping!

Verder wil ons gemeentes inspireer om Goeie Nuus-gemeenskappe te wees wat hoop en heling bring in ons land en gemeenskappe. Daarvoor het die Algemene Sinode ʼn baie goeie missionale teologiese raamwerk vir Evangelisasie goedgekeur. Ons het nou die opwindende voorreg en opdrag om praktiese riglyne op te stel wat gemeente en lidmate kan help om die Goeie Nuus te beliggaam deur getroue teenwoordigheid, dade van diensbare liefde, en hoopvolle en lewegewende gesprekke op gepaste tye in ons daaglikse werklikheid waarin ons leef.

 

Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?