partner7
Kerklike Maatskaplike Diensteraad
Die KMDR is ‘n Nasionale Netwerk van kerklike maatskaplike diensorganisasies, wat ook as ‘n selfstandige Nie-Winsgewende Organisasie (NPO 001-694) geregistreer is.

Organisasie se werksaamhede

Die KMDR is ‘n Nasionale Netwerk van kerklike maatskaplike diensorganisasies, wat ook as ‘n selfstandige Nie-Winsgewende Organisasie (NPO 001-694) geregistreer is.

Die verhouding van die KMDR met die NG Kerk word beskryf in 'n ooreenkoms wat in 2019 hersien is. Kliek hier om meer te lees.

Die KMDR bied ‘n ruimte waarbinne sy lidorganisasies onderling met mekaar skakel, navorsing doen, inligting deel en opleiding koördineer.

Die lidorganisasies lewer professionele vakkundige en statutêre maatskaplike ontwikkelingsdienste aan alle mense in nood, ongeag ras, taal, kultuur, oriëntasie of geloofsoortuiging.  Dienste word oor die volle spektrum van professionele dienste gelewer en sluit onder andere in:

  • gesinsorgdienste
  • kinderbeskermingsdienste
  • dienste aan persone met gestremdhede
  • afhanklikheidsdienste
  • residensiële kinder- en jeugsorgsentrums
  • residensiële bejaardesorgdienste.

In 2019 sluit die KMDR verklaring van voorneme met die Algemene Sinode van die NG Kerk (sien posts). In 'n verslag van 'n gesamentlike werkgroep van die KMDR en die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Diakonaat, word 'n video riglyn vir gesprek tussen KMDR-lidorganisasies en plaaslike sinodes, ringe of gemeentes beskikbaar gestel.

Die volgende lidorganisasies lewer dienste in die NG Kerk:

Lees die mees onlangse jaarverslag van die KMDR Dok1029507 KMDR Annual report 2023 2024 .

Navraag oor die KMDR kan gerig word aan info@ngkerk.org.za