Programmes

Verseker jou plek by die 2026 PREDIKANTE SAAMKOMS, bespreek nou!

Dit is belangrik om so vroeg as moontlik te bespreek om te verseker dat daar verblyf en plek by jou voorkeur-sessies beskikbaar is. As jy kwalifiseer op grond van jou ABR-kode, maar nog geen uitnodiging ontvang het nie, kan jy ‘n epos stuur na saam@ngkerk.org.za met jou ABR-kode en vra vir ‘n skakel na die aanlyn registrasievorm.

Borge

Die volgende organisasies en individue het SAAMKOMS op verskillende maniere moontlik gemaak. Ons sê opreg dankie vir elke bydrae wat help om hierdie ‘n ruimte vir geloof, ontmoeting en hoop te skep.

Sluit aan by ’n projek met nasionale impak

Die Predikante SAAMkoms 2026 skep ’n unieke geleentheid vir borge om betrokke te raak by ’n nasionale inisiatief met diep, volhoubare impak. Vir die eerste keer in byna twintig jaar kom predikante van regoor Suid-Afrika saam – ’n verteenwoordigende kruisdeursnee van gemeentes, bedienings en kontekste binne die NG Kerk.

Blootstelling vir konferensieborge sluit onder andere in:
•⁠ ⁠Erkenning tydens die konferensieprogram en sessies
•⁠ ⁠Sigbaarheid in gemeenskaplike ruimtes en by aktiwiteite
•⁠ ⁠Aanlyn blootstelling via die konferensie se webtuiste
•⁠ ⁠Assosiasie met ’n nasionale, geloofsgebaseerde geleentheid
•⁠ ⁠Moontlike erkenning tydens die televisie produksie: SAAM IN LOF

’n Vennootskap met waarde

Ons benadering tot borgskap is vennootskap-gedrewe. Ons nooi borge om saam met ons te belê in ’n projek wat predikante ondersteun, inspireer en toerus – en terselfdertyd inhoud lewer wat professioneel, positief en geloofwaardig nasionaal weerklank vind.

Verdere besonderhede oor borgvlakke, blootstellingsopsies en moontlike samewerkings kan op versoek verskaf word.

Vir enige navrae of ander inligting – kontak gerus:

Dr Zander van der Westhuizen
zvdwesthuizen@gmail.com

Dr Dewyk Ungerer
Dewyku@ngkerk.org