’n Fees van geloof, roeping en menswees. PredikanteSAAMkoms beloof om ‘n ontspanne en lewegewende ervaring te wees – ’n plek waar ons saam bid en besin, onderskei, kuier, lag, huil as dit nodig is, lekker eet en asemskep. Hier beleef jy dat jy deel van ’n groter verhaal is waarin God ons roep en saam vorm. Die atmosfeer is warm, lig, kreatief, eerlik. Ons skuif doelbewus weg van vergaderings, toesprake en aanbiedings en beweeg na interaksie, ontmoeting en verbeelding. Dink daaraan soos ’n kunstefees vir die gees: oral is daar iets aan die gebeur, iets wat jou kan verras, aanraak of inspireer – en deurgaans het jy ‘n keuse.
A01 | Predikant (Voltyds) – Predikant wat beroep is na ’n gemeente en voltyds in diens is (vgl Reglement 13) |
A02 | Predikant (Tentmaker) – Predikant wat gekoppel is aan ’n gemeente met geen wedersydse verpligtinge nie (vgl Reglement 16) |
A03 | Predikant (Vastetermynpos) – Predikant wat beroep is na ’n gemeente met ‘n bepaalde termyn (voltyds of deeltyds (vgl Reglement 14) |
A05 | Dosent (NG) – Predikant wat in ’n doseer pos is wat aan die NG Kerk gekoppel is en ook aan ’n gemeente gekoppel is |
A06 | Dosent (Ander) – Predikant wat in ’n doseer pos is wat nie aan die NG Kerk gekoppel is nie en ook aan ’n gemeente gekoppel s |
A07 | Predikant (Kerklike Pos) – Predikant wat beroep is in sinodale diens en/of kerklike poste |
A08 | Deeltydse Pos – Predikant wat in ’n permanente pos na ’n gemeente beroep is, maar op ’n deeltydse basis en ook ander beroep beklee (vgl Reglement 14) |
B01 | |
C01 | Emeritus (Werksaam) – Emeritus wat na die ouderdom van 65 in ’n vaste termyn beroep is en tot 70 jaar steeds in die bediening is |
C03 | Emeritus (Ouer as 70 jaar) – Emeritus wat na die ouderdom van 70 jaar steeds by ’n gemeente betrokke is as pastorale hulp |
C04 | Brugleraar – Emeritus van ’n vastetermyn beroep is as brugleraar vir ’n maksimum van 9 (nege) maande (vgl Reglement 17) |
D03 | Diensleraar (Beroep) – Diensleraars wat gelegitimeer is, en deur ’n gemeente beroep is in sy/haar toegespitste veld van opleiding |
Jy ontvang ’n Google-skakel per e-pos. Vra dit by saam@ngkerk.org.za as jy nog nie so epos ontvang het nie. Wie eerste inskryf, word eerste gehelp (veral met verblyf). Sodra jy ’n faktuur kry, moet dit binne 5 werksdae betaal word om jou plek vas te maak.
Die Algemene Sinode subsidieer 80% van die koste. Jy betaal net volgens jou verblyfkeuse.
Nee. Die bedrag wat jy hier sien is vir jou volle tyd by die SAAMkoms.
Ongelukkig nie — tensy hy/sy self as predikant uitgenooi is.
Nee. Dit is ‘n werksaangeleentheid. Kontak die projekspan by saam@ngkerk.org.za met versoeke vir uitsonderings wat dan oorweeg sal word.
Ja. Sover moontlik. Reël dit onderling. Die inskrywingsvorm maak ruimte dat jy kan sê saam met wie jy wil bly. Sorg net dat hulle op hul vorms dieselfde sê!
Die goedkoopste opsie (ry of vlieg) word gesubsideer.
Belangrik: Moet asseblief nie self ’n vlug bespreek nie — die sinodale kantoor help daarmee.
Nee. Vervoerreëlings word deur jou sinodale kantoor in oorleg met die kantoor van die algemene sinode gedoen. Iemand sal jou kontak. Iemand sal ook jou rekening hiervoor betaal!
Dink “kunstefees”-energie, maar vir predikante.
Jy kies jou eie program: gesprekke, verdieping in die Woord, stilte, stap, stories, kreatiwiteit, berglug. En elke oggend en aand kom ons saam in eenvoud om te bid en te vier.
Die laaste keer was 2005.
Dit is dalk ’n eenmalige geleentheid in jou bedieningstyd.