Programmes

Die Bedoeling van die SAAMkoms

’n Fees van roeping

Hier herinner ons mekaar aan die gawes en roeping van elke predikant. Ons vier dit.
Jy kom nie net vir inligting nie, jy kom vir herstel, bevestiging en nuwe verbeelding.

’n Fees van geloof

Ons vier die God wat in ons, tussen ons en deur ons werk.
Ons soek saam na God se leiding vir ons gemeentes en vir die kerk.

’n Fees van menswees

Ons lag. Ons sing. Ons eet saam. Ons dra mekaar.
Hier mag predikante weer mens word, en God ontmoet in mekaar.

’n Gemeenskap van waardering

Deur stories, gebede, liedere en gesprekke erken ons die mentors, kollegas en geestelike leiers wat ons gevorm het.
Ons kyk terug met dankbaarheid, en vorentoe met hoop.

’n Ruimte vir risiko en kreatiwiteit

Hier is geen beoordelaars nie. Geen “perfekte” maniere van deel nie.
‘n Ruimte vir: kwesbaarheid, humor, stilte, vrae, twyfel, drome.

DEEL DIT

Verseker jou plek by die 2026 PREDIKANTE SAAMKOMS, bespreek nou!