
Is dit ’n sinode of nog ’n kerkvergadering?
Nee. Geen voorsitters. Geen verslae. Geen besluite. Geen mosies. Geen vername sprekers. Dis ’n ruimte om asem te haal, te bid, te kuier en weer mens te word.
Wie mag kom?
Predikante, diensleraars, proponente en sekere emeriti wat aan die ABR-kodes voldoen. Dis op uitnodiging en daar is plek vir 750.
Wat is die ABR-kodes wat kwalifiseer?
|
A01
|
Predikant (Voltyds) – Predikant wat beroep is na ’n gemeente en voltyds in diens is (vgl Reglement 13) |
|
A02 |
Predikant (Tentmaker) – Predikant wat gekoppel is aan ’n gemeente met geen wedersydse verpligtinge nie (vgl Reglement 16) |
|
A03 |
Predikant (Vastetermynpos) – Predikant wat beroep is na ’n gemeente met ‘n bepaalde termyn (voltyds of deeltyds (vgl Reglement 14) |
|
A05 |
Dosent (NG) – Predikant wat in ’n doseer pos is wat aan die NG Kerk gekoppel is en ook aan ’n gemeente gekoppel is |
|
A06 |
Dosent (Ander) – Predikant wat in ’n doseer pos is wat nie aan die NG Kerk gekoppel is nie en ook aan ’n gemeente gekoppel s |
|
A07 |
Predikant (Kerklike Pos) – Predikant wat beroep is in sinodale diens en/of kerklike poste |
|
A08 |
Deeltydse Pos – Predikant wat in ’n permanente pos na ’n gemeente beroep is, maar op ’n deeltydse basis en ook ander beroep beklee (vgl Reglement 14) |
|
B01 |
Proponent (Voltyds) – Proponent in diens van gemeente (voltyds) maar nog nie beroep en bevestig/georden nie |
|
C01 |
Emeritus (Werksaam) – Emeritus wat na die ouderdom van 65 in ’n vaste termyn beroep is en tot 70 jaar steeds in die bediening is |
|
C03 |
Emeritus (Ouer as 70 jaar) – Emeritus wat na die ouderdom van 70 jaar steeds by ’n gemeente betrokke is as pastorale hulp |
|
C04 |
Brugleraar – Emeritus van ’n vastetermyn beroep is as brugleraar vir ’nmaksimum van 9 (nege) maande (vgl Reglement 17) |
|
D03 |
Diensleraar (Beroep) – Diensleraars wat gelegitimeer is, en deur ’n gemeente beroep is in sy/haar toegespitste veld van opleiding |
Hoe werk inskrywings?
Jy ontvang ’n Google-skakel per e-pos. Vra dit by saam@ngkerk.org.za as jy nog nie so epos ontvang het nie. Wie eerste inskryf, word eerste gehelp (veral met verblyf).
Sodra jy ’n faktuur kry, moet dit binne 5 werksdae betaal word om jou plek vas te maak.
Wat kos dit my?
Die Algemene Sinode subsidieer 80% van die koste. Jy betaal net volgens jou verblyfkeuse.
Is die verblyfkoste per dag?
Nee. Die bedrag wat jy hier sien is vir jou volle tyd by die SAAMkoms.
Kan my eggenoot saamkom?
Ongelukkig nie — tensy hy/sy self as predikant uitgenooi is.
Kan my kinders saamkom?
Nee. Dit is ‘n werksaangeleentheid. Kontak die projekspan by saam@ngkerk.org.za met versoeke vir uitsonderings wat dan oorweeg sal word.
Kan ek kies saam met wie ek bly?
Ja. Sover moontlik. Reël dit onderling. Die inskrywingsvorm maak ruimte dat jy kan sê saam met wie jy wil bly. Sorg net dat hulle op hul vorms dieselfde sê!
Hoe werk vervoer?
Die goedkoopste opsie (ry of vlieg) word gesubsideer.
Belangrik: Moet asseblief nie self ’n vlug bespreek nie — die sinodale kantoor help daarmee.
Kan ek maar my vliegtuigkaartjie bespreek?
Nee. Vervoerreëlings word deur jou sinodale kantoor in oorleg met die kantoor van die algemene sinode gedoen. Iemand sal jou kontak. Iemand sal ook jou rekening hiervoor betaal!
Wat gaan ons daar dóén?
Dink “kunstefees”-energie, maar vir predikante.
Jy kies jou eie program: gesprekke, verdieping in die Woord, stilte, stap, stories, kreatiwiteit, berglug. En elke oggend en aand kom ons saam in eenvoud om te bid en te vier.
Hoekom juis nou
Die laaste keer was 2005.
Dit is dalk ’n eenmalige geleentheid in jou bedieningstyd.


