Programmes

’n Ruimte waar predikante weer asemhaal, verbind en hoop vind

SAAMKOMS is doelbewus ontwerp as ’n andersoortige byeenkoms: ’n ruimte waar jy kan rus, kan lag, kan luister en weer kan onthou hoekom jy hierdie pad loop.

Hier is wat jy as deelnemer by SAAMKOMS kan verwag:

1. Diep konneksie – nie net kennisse nie

By SAAMKOMS gaan dit nie oor naamkaartjies en vinnige praatjies nie, maar oor egte ontmoeting.

Jy kry tyd om:

  • weer by ou klasmaats aan te sluit,
  • nuwe mense oor verskillende ouderdomme heen te leer ken.

Die program skep doelbewus ruimte vir:

  • informele kuier,
  • ontmoetings waar jy iemand se roeping leer ken,
  • een-tot-een gesprekke,
  • en selfs saamry-ervarings wat die reis alreeds  deel van die ontmoeting maak.

Jy gaan nie net mense ontmoet nie — jy gaan weer voel dat jy deel is van ‘n groter gemeenskap.

2. Rus en herstel vir jou hele menswees

SAAMKOMS neem predikante se welwese ernstig op.
Daarom is die program ligter, sagter en ruimer.

Jy kan uitsien na:

  • baie minder debat en gepakte inhoud,
  • ’n program waar daar baie tyd vir rus en ontspanning is,
  • vrye keuses,
  • stilte as jy dit nodig het,
  • toegang tot geestelike begeleiding,
  • fisiese ontspanning: swem, staproetes, spansport,
  • kreatiewe welwees-aktiwiteite – skeppend en ‘n balsem vir die siel.

Jy hoef niks te bewys nie. Jy mag net wees.

3. Inspirasie wat nuwe energie wakker maak

SAAMKOMS wil jou energeer.

Jy word gevoed deur:

  • inspirerende insette en musiek,
  • humor en menslikheid,
  • eerlike stories van hoop én uitdagings,
  • inligting wat motiveer sonder om te oorweldig.

Jy vertrek nie net met notas nie, maar met nuwe moed.

4. Spiritualiteit wat dra, nie druk nie

Die hele SAAMKOMS is gestruktureer soos ’n geloofsreis — met ruimte vir aanbidding, eerlikheid, genade en stilte.

Deur die dag is daar ‘n groot verskeidenheid van aktiwiteite waarvan jy kan kies.

‘n Plek waar jy die Here weer kan ontmoet — sonder dat enige iets of iemand jou aanjaag.

5. Kreatiwiteit, kultuur en spel

Ons glo spel en kuns maak iets oop wat woorde nie altyd kan nie.

By SAAMKOMS kry jy:

  • kreatiewe sessies met musiek, klei, teken en handwerk,
  • speelse oomblikke: swem, ligte kompetisies,
  • ontdek die plaaslike omgewing,
  • oggend- en aandbyeenkomste wat jou verbeelding aanraak.

Jy word herinner: jy is méér as jou predikantsrol. 

6. Goed ontwerp, maklik en toeganklik

SAAMKOMS respekteer jou tyd en energie.

Dit beteken:

  • ’n gebalanseerde programaanbod,
  • genoeg rus as jy dit sou verkies,
  • tafelgesprekke eerder as lang lesings,
  • toeganklike lokale met kuierplekke én plekke om stil te raak.

Geen gejaag. Geen oorlading. Net gesonde ritme.

7. Duidelike fokus op roeping en konteks

SAAMKOMS help jou om weer die groter prentjie te sien:

  • Waar pas ek nou in?
  • Wat vra hierdie tyd van my?
  • Hoe leef ek my roeping eerlik in ons huidige NG Kerk-konteks?

Daar is ruimte vir:

  • nugtere, eerlike gesprekke,
  • verskillende perspektiewe sonder die druk van besluitneming,
  • praktiese hulpbronne vir bediening in gemeentes.

Nie om jou in ‘n sekere rigting te druk nie — maar om jou weer te verbind aan jou roeping.

SAAMKOMS is vir jou as jy…

  • die Here passievol liefhet,
  • opgewonde is oor jou roeping,
  • weer wil lag, luister en asemhaal,
  • nuwe energie, hoop en verbondenheid soek,
  • en bereid is om herinner te word: ek is nie alleen nie.

Kom saam. Rus saam. Herontdek saam.

DEEL DIT

Lees ook Nuus

Verseker jou plek by die 2026 PREDIKANTE SAAMKOMS, bespreek nou!