Dag 3: Geestelike Ontwaking in die Kerk (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Psalm 85:6 — “Herstel ons en wek ons op sodat U volk hulleself in U kan verheug.” (Powerful Words for Life-vertaling)
Gebed: Here, hernu U Kerk in Suid-Afrika om te bid, te dien, te versoen en met geregtigheid op te tree in hierdie verkiesingstyd. Vergewe ons waar ons harte verhard het en waar ons meer vir ons naaste as vir U bang was. Here, vergewe die kerk waar ons politieke verbintenisse bo die uitlewing van U Koninkryk gestel het, en waar ons juis in die sfere wat U ons beveel het om te besit, gefaal het. Ons bid vir oortuiging om lewe te spreek oor die dood en oor elke munisipaliteit, leier, en raadslid.
Geloofsverklaring: Die Kerk is wakker en waaksaam, volhardend in gebed en getrou, volkome gerig op U wil. Dit verklaar ons in geloof. Die Here self veg vir ons. Mag God se veelvuldige wysheid deur die Kerk geopenbaar word, terwyl ons sal opstaan soos ’n magtige leër.