Kerkorde en Reglemente 2023

Die nuutste Kerkorde & Reglemente is pas voltooi. Kommunikasie oor die bestel van gedrukte eksemplare sal na sinodale kantore gestuur word vanwaar dit verder hanteer sal word. Intussen kan ‘n PDF dokument hier afgelaai word. Kerkorde en Reglemente 2023 

In die voorwoord van die nuwe Kerkorde & Reglemente skryf dr Bertus Celliers, voorsitter van die Algemene Taakspan Regte, die volgende:

‘n Kerkorde is die beliggaming van die belydenis dat Jesus Christus self sy gemeente direk en persoonlik regeer deur sy Woord en sy Gees. Dit gee uitdrukking aan die feit dat Hy vir hierdie doel die volgende gebruik:

  • die besondere ampte (hoofstuk 2);
  • die verskillende vergaderings – die ampte in ‘n kerkraad, die gemeentes in rings- en sinodale verband, en die sinodes in algemene sinodale verband (hoofstuk 3);
  • die gemeentelike werksaamhede – erediens, sakramentbediening, barmhartigheidsbediening, jeugbediening, ens. (hoofstuk 4);
  • die kerklike dissipline (hoofstuk 5);
  • die kerk in verhouding met ander samelewingsverbande (hoofstuk 6).

Hoofstuk 1 anker die NG Kerk in dié Woord waardeur Christus regeer, en wat ons in ooreenstemming daarmee glo; verwoord ons verstaan van ons Godgegewe plek en rol in dié samelewing waarin ons kerk is; en die funksie en aard van ons kerklike ordening.

Deur Jesus Christus se regering word sy gemeentes opgebou en uitgestuur om die Goeie Nuus uit te dra dat Hy die Verlosser, Hoop en Koning van die wêreld is, ook van Suid- Afrika in die eerste kwart van die 21e eeu.

‘n Goeie kerkorde behoort dus altyd kontekstueel bruikbaar te wees, terwyl dit vashou aan die teologiese struktuur wat vir die Christus-regering optimaal ruimte gee. Daarom is daar artikels, reglemente en besluite wat nuut geformuleer en anders verwoord is in vergelyking met die vorige een (en alle voriges), terwyl die hoofstukindeling sedert 1962 dieselfde bly. Dit pretendeer nie om volmaak te wees en vir elke situasie voorsiening te maak nie. Dit word egter aangebied as ‘n eerlike poging van Algemene Sinode 2023 om die ruimte oop te hou vir Christus om direk deur sy Woord en sy Gees in sy gemeentes en die verskillende gestaltes van kerkverband te regeer.

Ons gebed is dat dit daarom in die huidige landskap ‘n betroubare roetekaart sal wees sodat die Goeie Nuus vrylik in Suidelike Afrika en elke ander plek waar daar ‘n Nederduitse Gereformeerde gemeente is, sal versprei en grondvat.

Dr. Bertus Celliers

Soli Deo Gloria

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Tug
12 October 2026
Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026