Dag 7: Nuwe vuur vir gebed (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Handelinge 2:3-4 “Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.”

Gebed: Heilige Gees, steek die vuur van gebed aan in huise, kerke, skole, werksplekke en
gemeenskappe regoor Suid-Afrika. Kom, Heilige Gees, en steek ‘n vuur aan in ons harte om dag en nag volgens U wil te bid. Mag ons ‘n land wees wat eensgesind saamstaan vir die roeping en bestemming van ons nasie. Mag ‘n magtige golf van vurige en kragtige gebed oor ons land spoel.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat gebed nie in ons land sal kwyn nie. Ons sal opstaan as ‘n land wat sonder ophou bid. Ons sal uitgaan met die lof van God op ons lippe en ‘n tweesnydende swaard in ons hand. Ons sal die lof van God verkondig wat ons uit die duisternis na Sy wonderlike lig geroep het.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
September 20, 2026 12:00am
End Date
September 20, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Toewyding en Bekering

Organizer