Dag 12: Genesing van die nasie (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Jesaja 53:5 — “Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing.”

Gebed: Vader, genees die wonde wat deur hebsug, onreg, armoede, geweld, rassisme, korrupsie, verdeeldheid en vertrouensbreuke veroosaak is. Laat alles wat ons mense soos weeskinders laat leef, verdwyn in die lig van u Gees van aanneming, deur wie ons U as “Abba, Vader” mag aanroep. U is ons hemelse Vader, die Een wat elke wond genees.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof genesing en herstel oor Suid-Afrika. ’n Nuwe gees van behoort en erfenis kan verrys uit die grond van hierdie nasie.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
September 25, 2026 12:00am
End Date
September 25, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Nasionale Hoop en Vrede

Organizer