Skriflesing: 1 Timoteus 4:12 β βLaat niemand op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in gedrag, in liefde, in betroubaarheid, in reinheid.β
Gebed: Here, roep jongmense op tot hoop, waarheid, verantwoordelike burgerskap en opbouende betrokkenheid. Ons bid vir hernude hoop en visie vir ons jeug.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die jeug van Suid-Afrika nie passief sal wees nie, maar deur God self opgeroep sal word om doelgerig te leef. Ons jongmense sal drome droom van βn toekoms gevul met hoop, roeping, geleenthede en vrede.