Dag 18: Vrymoedige getuienis (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Handelinge 4:29 – “En nou, Here, slaan ag op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om U woord met alle vrymoedigheid te spreek.”

Gebed: Here, gee deur U Heilige Gees aan gelowiges die moed om met genade te praat, in die
openbaar te bid, vrede te bevorder en integriteit uit te leef. Laat ons in gehoorsaamheid aan U Heilige Gees meewerk en tekens van U krag en genesing in Jesus se Naam sien.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die Kerk in hierdie tyd ‘n getroue getuie sal wees. Groter werke sal deur die Kerk in die land gedoen word. Die sluier sal van ons oë weggeneem word en die voetboeie sal afval sodat ons U in oorgawe kan dien.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 1, 2026 12:00am
End Date
October 1, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Nasionale Hoop en Vrede

Organizer