Dag 22: Onderskeidingsvermoë (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Hebreërs 5:14 – “Vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat deur inoefening hulle onderskeidingsvermoë geoefen het om goed en kwaad te onderskei.”

Gebed: Here, gee ons onderskeidingsvermoë om leë beloftes, misleiding, vreesaanjaery en korrupte motiewe te herken. Bewaar ons daarvan om, soos Absalom, mense deur vleiery en misleiding te manipuleer. Ontmasker magsug en bedrog, en gee kiesers en leiers nuwe insig en visie.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat geestelike onderskeidingsvermoë en gesonde oordeel die mense van hierdie land sal lei wanneer hulle oorweeg vir wie om te stem. Mag ons stemkeuses ons hoop op U, Here, weerspieël.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 5, 2026 12:00am
End Date
October 5, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Independent Electoral Commission (IEC), Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

Organizer