Dag 24: Hoop vir munisipaliteite (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Romeine 15:13 – “Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul…”
Gebed: Here, vul elke munisipaliteit waar inwoners moedeloos is oor swak dienslewering of leë beloftes, met hoop. Verbreek apatie en hooploosheid in Jesus se Naam. Ontbloot en stuit onreg, en laat regverdige, diensbare leiers in elke munisipaliteit verantwoordelikheid aanvaar.
Geloofsverklaring: Ons sal ons mure “Redding” en ons poorte “Lof” noem. Ons verklaar in geloof dat hoop sal opstaan in elke dorp, stad, township, voorstad, nedersetting en landelike gebied. Ons verklaar dat regverdige leiers in elke munisipaliteit na vore sal tree, in Jesus se Naam. Dit is ‘n tyd van herstel van wat verlore gegaan het.
SHARE THIS EVENT
Event Details
Start Date
October 7, 2026 12:00am
End Date
October 7, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Independent Electoral Commission (IEC), Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers