Dag 31: (Her)Ontwaking van die Kerk wat leiding gee (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Efesiërs 5:14b – “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en Christus sal sy lig oor jou laat skyn.”

Skriflesing: Psalm 8:6 – “U het hom net minder as ‘n hemelse wese gemaak; U het hom met eer en majesteit gekroon.”

Gebed: Vader, help ons as Suid Afrikaners om wakker te word, om weer te ontwaak en hierdie land aan U oor te gee. Ons pleit by U dat daar bekwame, toegewyde, eerlike en regverdige leiers in al ons munisipaliteite sal wees. Ons vra: Mobiliseer weer U Kerk in Suid Afrika om te bid, om te dien, om oorsig te hou, om waaksaam te wees en om alle ongeregtighede aan bande te lê en saam te streef en te werk vir die suksesvolle welstand van ons brose gemeenskappe. Ons bid dat diegene wat met bose dinge besig is, hulle sal terugdraai na eerlike en opregte waardes, terugdraai na U toe, en ons bid dat hulle met rein gedagtes gevul sal word deur U dienende Gees. Ons bid vir belydenis en bekering van verkeerde weë en dat ons na U sal terugdraai om ook U oneindige genade en vergifnis te beleef.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat U Kerk besig is om te herontwaak as die sout en die lig vir die wêreld. ʼn Magtige weermag soos dié waarvan ons in Joël lees, is besig om hulle verantwoordelikhede op te neem in elke gemeenskap in die land. Ons verklaar in geloof dat struktuur, orde, dissipline, verantwoordbaarheid en bo dit alles goddelike gehoorsaamheid sal herontwaak in elke munisipaliteit – en dit alles tot U eer!

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 14, 2026 12:00am
End Date
October 14, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Munisipaliteite, wyke en gemeenskappe

Organizer